Op 1 Februarie 2019 het ons gekommunikeer dat dit vanaf 25
Februarie 2019 'n omslagtige proses, wat publikasie in die Staatskoerant
insluit, sal wees wanneer titel- of verbandaktes verlore gaan en die
transportbesorger aansoek moet doen om 'n vervangende afskrif daarvan.
Ingevolge die Hoofregistrateur Omsendskrywe 1 van 2019, uitgereik deur die
Hoofregistrateur in die Pretoria-aktekantoor, word die implementering van die
wysigings aan regulasie 68 tot verdere kennisgewing opgeskort.
Die gevolg hiervan is dat die nuwe proses nie op 25
Februarie geïmplementeer sal word nie en tot verdere kennisgewing sal die
huidige aansoekproses gevolg word.
Dit beteken nie dat die proses geensins gewysig sal word
nie. Die Aktekantoor is steeds van
voorneme om die aansoekproses te wysig.
Die voorstel is dat dit geadverteer moet word in 'n koerant wat in die
gebied versprei word en nie die Staatskoerant nie en dat die vereiste dat die
aansoek deur 'n notaris geteken moet word, onprakties is.
Dit bly belangrik om so vroeg as moontlik in die proses
van verkoop van die eiendom, te weet of die titelakte verlore is.
Die verkoper van 'n eiendom (wat kontant vir die eiendom
betaal toe hy dit gekoop het) sal die oorspronklike titelakte hê. As dit
verlore is, moet 'n vervangende afskrif aangevra word. Gewoonlik weet ons vroeg
in die oordragproses dat die aktes verlore is, wat dit moontlik maak om die
vervangende akte-aansoekproses parallel met die oordragproses te laat loop.
Die verkoper wat 'n verband oor die eiendom geregistreer
het, sal nie sy of haar oorspronklike titelakte hê nie. Dit sal deur die bank
gehou word. Titel- en verbandaktes word soms deur die bank verloor of misplaas.
Die voornemende verkoper van 'n eiendom sal eers weet of die aktes verlore is
veel later in die proses, wanneer die transport prokureur aansoek doen om
kansellasiesyfers. Dit kan beslis die oordragproses vertraag.
Ons advies is:
1.
Die voornemende verkoper moet 90 dae kennis gee van
sy/haar voorneme om die verband te kanselleer. Dit kan telefonies of e-pos
kennisgewing aan die bank (afhangende van die bank se vereistes) deur die
kliënt gedoen word, of deur 'n transportbesorger wat kansellasiesyfers aanvra.
Die voordeel van
die versoek om die kansellasiesyfers is dat nie net laat dit die 90 dae
kennisgewingstydperk begin loop nie, maar ook dat die bank die titel- en
verbandakte trek en dit aan die verbandkansellasieprokureur stuur. Hoe gouer
die kansellasiesyfers aangevra word, hoe gouer sal ons weet of die titelaktes
verlore is.
Die verkoper moet
nie wag tot die ondertekening van 'n koopooreenkoms nie, die syfers kan
aangevra word wanneer die eiendom op die mark geplaas word!
2.
Die vraag is dan
hoe om te werk te gaan die om die kansellasiesyfers te vra?
Ons help graag voornemende verkopers. Stuur gerus ‘n e-pos
aan bc@mcvdberg.co.za met die volgende inligting:
-
Naam, van en identiteitsnommer van die eienaar
-
Bank en verbandrekeningnommer
-
Eiendomsbeskrywing
(Let asseblief
daarop dat alle fondse in terme van 'n fasiliteit nie beskikbaar sal wees vir
ontrekking sodra die kansellasiesyfers aangevra word nie. Indien die fondse
benodig word, moet dit uit die verbandrekening getrek word voordat
kansellasiesyfers versoek word).
3.
Verkopers is dikwels bekommerd dat dit probleme sal
veroorsaak as kansellasiesyfers aangevra word, maar die eiendom word op die ou
end nie verkoop nie.
Daar is geen rede
tot kommer nie. Die kennisgewingtydperk sal bloot verstryk en die titelaktes
sal terugbesorg word aan die bank indien die eiendom van die mark onttrek
word.
Published: 21 February 2019